~ Frankfort Selfsorg ~

A k k o m m o d a s i e

English  |  Afrikaans

‘n Vrystaatse welkom

Atmosfeer, gasvryheid en persoonlike aandag maak Frankfort Selfsorg Akkommodasie baie spesiaal. Ons is geleë in die pragtige dorp Frankfort aan die oewer van die Wilgerivier naby die Vaaldam. Ontspan in styl en gemak in hierdie rustige atmosfeer. Ons is in die Vrystaat, op die hoofpad vanaf Oliver Thambo Internasionale Lughawe (Johannesburg) na Clarens in die Drakensberge.

Wilgerivier by Vaaldam
Bed en Ontbyt naby Clarens
Selfsorg naby Johannesburg
Frankfort Akkommodasie Vrystaat
Selfsorg Eenhede
Naby Oliver Thambo Internasionale Lughawe
Akkommodasie Frankfort Suid-Afrika

Aanbieding

Ons bied luukse kunstig versierde dubbel selfsorg eenhede met en suite badkamers.
Ontbyt op aanvraag.
TV in elke eenheid. SABC, e.tv, M-Net en tien kanale DStv. Elke kamer het 'n eie DStv dekodeerder.
Plafonwaaiers, muurverwarmers en elektriese komberse, vir die koue winteraande, in elke eenheid.
Veilige omgewing en sekuriteit omheining ook by parkering.
Tee en koffie geriewe met tuisgebakte gesondheidsbeskuit.
Elke eenheid is volledig toegerus met 'n kroegyskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en eetgerei.
Alle eenhede het privaat ingange na die tuin en buitebraai geriewe.
Aktiwiteite – quad en bergfiets roetes langs die Wilgerivier.
Visvang – geelvis en karp.
Kinders welkom.

Tariewe

R250 per nag per persoon.

Kontak besonderhede

Eienaars:  Rex en Elma Nigrini
Adres:  Luytstreet 4, Frankfort, Vrystaat, Suid-Afrika
Padkaart:  Die is hier af te laai in PDF formaat.
Pos-adres:  Posbus 767, Frankfort, 9830, Vrystaat, Suid-Afrika
Tel / Faks:  058 813 3281
Selfoon:  071 609 4276
E-pos: 
Webtuiste:  www.frankfortselfcatering.co.za

Kopiéreg © Frankfort Selfsorg Akkommodasie